Video: ‘Een van Koning Dawid se seuns’ lees boodskap ‘oor Messias se foltering’
Met sy hande omhoog het Eoiudai (of Udai soos ander hom ken) in ‘Hebreeus’ vanoggend gedeeltes vanaf selfgeskrewe kartonne voorgelees.
Met sy hande omhoog het Eoiudai (of Udai soos ander hom ken) in ‘Hebreeus’ vanoggend gedeeltes vanaf selfgeskrewe kartonne voorgelees.
Hy noem homself ‘een van Koning Dawid se seuns’ en roep in sy Hebreeuse dialek drie woorde na die hemel uit, wat hy later vertaal as: ‘Heilig, Heilig, Heilig!’
Talle Middelburgers het al die man gesien wat aangetrek is in helder groen en oranje, wat selfs met ’n staf in die dorp rondstap.
’n Vorige keer het hy voor die Middelburg Observer se kantore gestaan en ’n taal gepraat wat niemand kon verstaan nie. Hy sê hy praat Hebreeus, maar mense wat hom al hoor praat het, en sê dat hulle die taal ken, sê dit is beslis nie Hebreeus wat hy praat nie.
Lees ook: ‘Moses’ sê hy is ’n seun van Dawid
Ons het hom al uitgevra daaroor en het hy verduidelik dat hy ’n ander dialek praat as wat ander mense dalk mag ken.
Op hierdie warm Dinsdagoggend kom hy sy afspraak getrou na. Verlede week tydens saktyd kon ons hom nie help om sy boodskap te bring nie en vra hy moet vandag kom.
Hy kom voorbereid…met twee Bybels (Hebreeus/Engels) en geskrewe dokumente wat hy, volgens hom, uit die Bybel in Hebreeus oorgeskryf het.
Op die rooi karton, waarop albei kante geskryf is, verduidelik hy later dat boodskap is dié van Dawid en Golliat, en die versinnebeelding daarvan vir die wêreld.




Die groen karton is die gedeelte wat kom uit Matthéüs “oor die Messias se foltering” aan die kruis.


“Die Messias het onregmatig gesterf…Hy het nooit sonde gedoen nie! Hy het gesterf oor die leuens van die Romeins/Hollandse reg.”
Terug in die kantoor gooi hy ’n wit doek oor die tafel en wys die geskrifte daarop wat hy beduie waar Juda (Israel) en Dawid se naam oorkruis. ’n Kleiner geskrif wat deel daarvan maak, sê hy is waaruit sy naam verweef is.

En dan raak hy weer ernstig: “Mense moet hul oë oopmaak vir die foltering. Wat is die regte tyd? Die eindtyd is hier!”
Ons vra wie hy volg en hy sê hard en duidelik: “Ek volg die wáre Messias!”
@middelburgobserver Man wat sê hy is ‘n ‘seun van Dawid’ lees voor uit selfgeskrewe dokumente, wat, volgens hom, vertel van ‘Dawid en Goliat’ en ‘die Messias se foltering’.
