Video: Buite beheer Mercedes jaag oor sypaadjie, terwyl voetgangers uit die pad uit hardloop
CCTV videomateriaal wys hoe 'n silwer Mercedes oor 'n sypaadjie spring, 'n voetganger net betyds wegkom en die voertuig dan ander voertuie by 'n verkeerslig tref.
Daar is gister berig oor ‘n ‘kettingbotsing’ op die hoek van Bhimy Damane en Walter Sisulustraat in die Sentrale Sakegebied in Middelburg, maar dit blyk dat ‘n buite beheer Mercedes met ‘n siek persoon agter die stuur, die ongeluk veroorsaak het.
CCTV videomateriaal wat goedgunstiglik deur mnr. Jandré Duvenage (eienaar, Bambanani Liqour Wholesale) beskikbaar gestel is, wys dat ‘n silwer Mercedes die ongeluk veroorsaak het.
Op die toneel het ‘n omstander gemeld dat ‘iemand inmekaar gesak het’ en hospitaal toe geneem is.
Daar is egter intussen verneem dat die bestuurder van die silwer voertuig ernstig siek geword het terwyl hy bestuur het. Die voertuig het daarna buite beheer oor die sypaadjie gespring en direk in die ander voertuie vasgejaag.

Die videomateriaal wys ook hoe ‘n passasier links agter half uit die voertuig hang terwyl dit vorentoe jaag op die sypaadjie en twee voetgangers uit die pad uit hardloop.


Die bestuurder van die Mercedes is na die ongeluk is op die toneel gestabiliseer en per ambulans hospitaal toe geneem.
Lees ook: Video: Groot skade na kettingbotsing in sakegebied

@middelburgobserver CCTV Video footage of accident shows a vehicle out of controll jumping over the sidewalk and ramming into other vehicles.
