News
Motoriste gewaarsku: N11 steeds oorstroom
Motoriste is laasnag gewaarsku dat die N11 tussen Mokopane en Roedtan steeds oorstroom is.
Daar is steeds erge oorstromings in die Mokopane en Roedtan omgewing.
Die Traffic Alert WhatsApp-groep het gisteraand na ‘n lid se navraag op die groep, bevestig dat daar steeds erge oorstromings is tussen Mokopane en Roedtan.
- Middelburger Wynand Spencer, wat as vragmotorbestuurder die land deurkruis, het op 20 Desember daar verby gery en ‘n video gestuur wat aandui hoe water in daardie omgewing in landerye opgedam en oor die pad gestroom het.
Lees ook: Video: Reënwater dam op in landerye, spoel oor pad
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
