News

Ons ry nie meer draaie om die gat nie!

Niemand hoef meer spesiale rylesse te kry om verby versperrings te skuur nie!

Motoriste het ’n groot sug van verligting geslaak omdat die Steve Tshwete Munisipaliteit aandag gegee het aan hul klagtes oor ’n gat met versperrings.

Vir etlike dae moes almal versigtig ry om ’n gat met versperrings daarom op die hoek van Lilian Ngoyi- en Beyers Naudestraat en het van die motoriste by die Observer kom kla.

Die gat met die versperrings daarom het dit moeilik gemaak vir motoriste om vanaf Beyers Naudestraat in Lilian Ngoyistraat in te draai.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/01/23/daars-n-gat-in-die-pad-en-die-karre-ry-daarom/

Hul klagtes is oorgedra aan rdl. Johann Dyason, wat aangedui het dat hy reeds verskeie kere daaroor navraag gedoen het en dadelik weer daaroor sal uitvra.

Sy woorde was skaars koud, of ’n span het Vrydag opgedaag en die gat in die pad reggemaak!

Die mangat was teen vanoggend steeds oop.

• Daar is ook gekla oor ’n mangat op die sypaadjie op die hoek van Lilian Ngoyi- en Njalastraat (Kanonkop) wat al ’n geruime tyd oopstaan en ’n gevaar inhou vir mens en dier wat op die sypaadjie loop. Vanoggend was die mangat steeds oop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button