‘Skote’ laat almal skuiling soek
‘Baie skote’ in die omgewing van die Tosca Sentrum gisteraand het ’n hele paar mense skuiling laat soek onder tafels en beddens.
‘Skote’ wat gisteraand geklap het, het inwoners op noodgroepe laat vra vir dingende hulp van die polisie.
“Ons het gedink daar is ’n rooftog, want ons het voor ons die klapgeluide gehoor het, iemand hoor gil,” het ’n inwoner van Proteastraat (wat anoniem wil bly) vanoggend gesê.
Minute later is daar egter op die een noodgroep gesê dat almal kan kalmeer, want dit was alweer ’n ‘warmgemaakte voertuig’ wat die klapgeluide gemaak het.
’n Vrou meld dat haar man in Proteastraat op daardie tydstip by die Tosca Sentrum verbygery het. Hy het gesien hoe ’n groep mense staan om ’n wit VW Golf wat die klapgeluide gemaak het. “Die VW Golf het die hele tyd gebackfire!”
• In Augustus 2023 het almal hul misnoeë te kenne gegee met ’n BMW wat ook die dorp op hol gehad het, omdat die voertuig met sagteware toegerus was wat klapgeluide uit sy uitlaatpyp gemaak het wat geklink het soos skote.
Lees ook: Inwoners soek man met BMW se bloed
