Video: Riool en water is reg, nou is dit nog net die donga!
Die woorde ‘water’, ‘riool’ en ‘donga’ was nog nie eers behoorlik op ons webtuiste gesê nie, toe is die water én rioolprobleem aangespreek.
Sakelui in Octoberstraat is dankbaar teenoor die munisipaliteit wat gereël het dat probleme met riool en ’n lekkende brandkraanpyp herstel word.
Mnr. Donovan Weber het vanoggend weer aan die hand van ’n video gewys dat die waterlek wat al weke oor die pad spoel en ’n gat regoor die pad veroorsaak het, reggemaak is. Net die gat in die pad moet nog herstel word.
Die rioolprobleem is ook opgelos
Hy het sy dank uitgespreek teenoor rdl. Hennie Niemann, wat dit gerapporteer het, asook die span wat dit kom regmaak het.
* Motoriste word steeds gemaan om versigtig te wees en eerder ’n U-draai te maak of op die sypaadjie om die gat in Octoberstraat te ry.
@middelburgobserver Wees versigtig! Gat steeds in pad in Octoberstraat (Middelburg)!
