News
Dodetal styg na 4 ná ongeluk op N11
Die dodetal het van 2 na 4 gestyg na die ongeluk vanoggend op die N11.
Daar is pas verneem dat nóg twee persone gesterf het op die toneel na die ongeluk op die N11 by die laaste bult voor Forever Resorts Loskopdam.
Na wat verneem word het die Corsa bakkie, wat van Loskopdam se rigting gekom het, uitgeswaai vir ’n aankomende voertuig wat ’n vragmotor op die sperstreep vanaf die onderkant verbygesteek het. Die bakkie het reg oorkant Arendsrus se ingang teen die skuinste afgerol.

Twee mense is opslag dood en nog twee het weens hul beserings op die toneel gesterf. Sewe pasiënte is per ambulans na hospitale in Middelburg en eMalahleni afgevoer.
Lees ook: Twee sterf in ongeluk op N11, net voor Loskop
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
