News

Familie weer by hof oor geregtelike ondersoek na Maryka se dood

Die jong vrou wat op 27 Januarie 2019 in Kranspoort gesterf het, se familie het vanoggend weer met onbeantwoorde vrae by die hof omgedraai.

Die geregtelike ondersoek verrigtinge ten opsigte van Maryka Kleinhans (31) se dood is vanoggend weer uitgestel na later vanjaar.

Sy was saam met Awie Geldenhuys in die voertuig kort voor haar dood en is daar later gesê dat sy uit die kar uit geval of gespring het.

Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) het die saak ondersoek en is die familie later meegedeel dat die nasionale vervolgingsgesag nie vir Geldenhuys gaan vervolg nie. Die familie het tot vandag toe nog nie antwoorde op al hul vrae gekry nie.

Hulle is in Desember in kennis gestel dat ‘n geregtelike ondersoek (GO) nou volg.

Lees ook: Familie hoop geregtelike ondersoek bring antwoorde na Maryka se dood

Maryka se ma, Petra Bezuidenhout, haar suster, Winnie en nog ‘n familielid het vanoggend teleurgesteld by die hof omgedraai toe dit weer uitgestel is.

Geldenhuys was nie teenwoordig tydens die verrigtinge vanoggend nie. Adv. JJ Venter (Pretoria balieraad) het verduidelik dat Geldenhuys in die Kaap bly en daarom nie daar kon wees nie. Hy het gevra of die verdere verrigtinge later per Zoom kan geskied en is dit toegestaan.

Awie Geldenhuys.
  • Die GO is uitgestel na ‘n latere datum vir die getuies om teenwoordig te wees.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button