News

Vermeende ‘matwassers’ in hof na diefstalle by ouetehuise

Twee mans sal vandag in die hof verskyn op diefstalklagtes na verskeie voorvalle waar persone hulle voorgedoen het as matwassers en bejaardes besteel is.

‘n Pa en seun is gisteroggend in Roossenekal gearresteer en sal vandag in die Belfasthof verskyn.

Hul arrestasie volg na talle voorvalle waar twee mans, wat hulle voorgedoen het as matwassers, toegeslaan het by ouetehuise. As hulle weg is, het die inwoners gesien dat daar van hul waardevolle artikels, soos juwele, weg is.

Lees ook: Mans was nie matte, maar steel

Die eerste voorval was by ‘n tehuis in Paul Pietersburg, waarna Belfast, Middelburg, Groblersdal en Howick gevolg het.

Met uitstekende samewerking tussen die polisie en boere, is die twee mans in Roossenekal vasgetrek.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button