News
Toeriste busongeluk: Nat toestande te blameer
Die nat toestand is te blameer vir die toerbus met Amerikaanse toeriste wat vroeër vandag omgeslaan het.
Dit blyk dat vandag se erge reën die busongeluk veroorsaak het buite Mashishing (Lydenburg) waarin 16 Amerikaners en ’n toergids beseer is.
Die pasiënte is almal na die Belfast Hospitaal geneem, vanwaar hulle na ander hospitale, die meeste Nelspruit, oorgeplaas sal word.
Lees ook: 16 Amerikaners en toergids beseer
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
