News

Ma vat self kind hospitaal toe na voetganger-ongeluk op N4

Daar het nuwe inligting na vore gekom, na die ongeluk gister waar 'n voetganger op die N4 doodgery is.

‘n Ma het self haar kind hospitaal toe geneem na die ongeluk gister, waar ‘n man op die N4 doodgery is.

Omstanders het op die toneel vir die joernalis gesê dat ‘n vyfjarige kind per ambulans hospitaal toe geneem is na ‘n ongeluk waar ‘n voetganger op die N4 tussen die Samora Machel- en Vandyksdrif-afritte doodgery is.

Lees ook: Voetganger doodgery, vyfjarige passasier beseer

‘n Kind, wat ‘n passasier was in die Landrover wat die persoon getref het, is beseer.

Daar is intussen verneem dat die kind ses jaar oud is en dat die ma self met die kind gejaag het hospitaal toe, omdat hy ernstige beserings opgedoen het weens die lugsakke wat uitgekom het. Die ambulans het nadat sy weg is, opgedaag en hulp aangebied vir die pa, wat erg geskok was deur die gebeure.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button