News

Video: Mense ernstig beseer in ongelukke in reën

Daar was vandag byna net so baie ongelukke soos gister op paaie in die omgewing.

Ten minste twee mense is ernstig beseer in ‘n ongeluk op die N4 by die Bethal-afrit vanmiddag omstreeks 16:15.

Die ongeluk het op die N4 naby die Bethal-afrit plaasgevind.

 

@middelburgobserver

Two people seriously injured in accident between truck and bakkie on N4 near the Bethal offramp on March 2. Patients taken to hospital in Middelburg.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Dié ongeluk was weer een van verskeie waarvan melding gemaak is op die Traffic Alert-groep en waarheen nood- en insleepvoertuie moes jaag. Gister was die noodspanne net so bedrywig.

Lees ook: Noodspanne jaag van ongeluk tot ongeluk

Omtrent dieselfde tyd wat die ongeluk plaasgevind het op die N4, het ongelukskoördineerder Louwtjie Swart hulp verleen op die R545 (tussen eMalahleni en Balmoral) waar ‘n trok omgeslaan het naby die Kusile Kragstasie.

Die trok wat omgeslaan het naby die indraai na die Kusile Kragstasie.

Motoriste is ook op die groep gewaarsku om versigtig te ry op die eMalahleni/Krielpad wat heeltemal verspoel is.

  • Noodgroepe is pas weer ontbied na twee ongelukstonele op die Vandyksdriftpad. Twee voertuie, waarvan een ‘n bakkie, het mekaar getref naby die Lesede Village se indraai. Minute later was daar nog ‘n ongeluk tussen ‘n voertuig en ‘n trok net twee kilometer voor die eerste ongeluk.
Een van die ongelukstonele op die Vandyksdriftpad.

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button