News

Twee fietse in Gholfsig gesteel

Misdadigers is die afgelope paar dae baie bedrywig in Middelburg en is daar laasnag ook toegeslaan in Gholfsig.

Twee fietse is in die vroeë oggendure by Jan Cillierstraat 29 (Gholfsig) gesteel.

Willie Coetzee is omstreeks 02:30 met die honde se geblaf en ‘n vreemde geluid gewek. Hy het dadelik opgestaan en met sy flits reg rondom die huis geloop. Hy kon niks sien nie en is terug bed toe.

Vanoggend het hy dadelik gesien dat sy motorhuisdeur oopforseer is en dat hul twee fietse, ‘n geel Giant resiesfiets, asook ‘n Peugeot resiesfiets gesteel is. Hy vermis ook van sy gereedskap.

Hy het navraag gaan doen by van die mense in die straat wat CCTV kameras het en is hy meegedeel dat daar omstreeks 01:00 beweging in die straat opgemerk is.

Willie vra dat indien iemand die fietse probeer verkwansel of as hulle videomateriaal het wat hulle kan help om dit te probeer opspoor, om hom te skakel by 072 763 5089.

Lees ook: Dief steel strykysters, waaier, skoonmaakmiddels

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button