News

Gedeelte van Kranspoortpas weer oop

'n Gedeelte van Kranspoortpas is weer oop.

Alhoewel die grootste deel van Kranspoortpas weer oop is, word motoriste gemaan om hul vensters toe te hou as hulle daar ry.

Daar was omstreeks 10:00 ‘n ernstige ongeluk en is die pad gesluit omdat daar ‘n chemiese stof op die padoppervlak was. Die voertuig wat teen die vrag vasgery het, het aan die brand geraak.

Lees ook: Vehicle catches fire in Kranspoort multi-vehicle accident

Die pas is nou grotendeels opgeruim en skoongemaak, maar die voertuig wat gebrand het, is nog daar en hang ‘n skerp reuk in die lug wat skadelik kan wees as dit ingeasem word. Dit is hoekom motoriste gevra word om hul vensters toe te maak as hulle in die pas op- of af ry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button