News
Kranspoortpas is steeds gesluit!
Motoriste word gewaarsku om alternatiewe roetes te gebruik, omdat die Kranspoortpas steeds toe is.
Kranspoortpas is steeds gesluit vir opruimingswerk na ’n ernstige ongeluk vroeër vandag.
Daar is berig dat ’n trok en voertuig vasgery het in ’n vrag chemiese stowwe wat van ’n trok afgeval het.
Die voertuig het aan die brand geslaan en is die insittendes per ambulans hospitaal toe geneem.
Noodwerkers het laat weet dat die pas nog gesluit is.
Lees ook: Vehicle catches fire in Kranspoort multi-vehicle accident
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
