News
Ondersteun ons lemloper by Wild Challenge!
Dit is die laaste dag om jou bydrae te beloof vir ons lemloper ten bate van Middelburg se katte!
As jy nog nie n donasie gemaak het vir ons dorp se lemloper nie, sal jy moet spring, want more is die groot dag!
Etta Vosges pak more die Wild Challenge aan ten bate van Middelburg Feral Care Friends. Sy kan nog per kilometer geborg word of ‘n eenmalige donasie kan gemaak word.
Haar man, Douw en vriendinne Elsie Versfeld en Marie Kruger stap saam.
Om die dag nog meer spesiaal te maak, is daar spesiale hemde gemaak sodat almal die vier stappers dadelik op die pad sal raaksien!
As jy nog ‘n bydrae wil maak, stuur ’n WhatsApp na 065 582 2860 met jou naam, van en die bedrag wat jy per kilometer wil borg of as donasie wil gee.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
