News

Man se pleidooi gehoor – nou kan werksaansoeke begin

Die pleidooi van ’n handwerkende dieselwerktuigkundige wat dringend ’n operasie moes ondergaan is gehoor, en nou kan hy voortgaan met sy werksaansoeke!

Die 52-jarige Ronnie van Straaten het in April by die Middelburg Observer kom aanklop, omdat hy dringend vir ’n operasie moes gaan om ’n liesbreuk te herstel, maar nie die nodige befondsing gehad het daarvoor nie.

Ronnie, ’n dieselwerktuigkundige wat ook ervaring het as opsigter in die vervoerbedryf, sit sedert Desember sonder werk, maar kon ook nie aansoek doen vir ander werk nie weens ’n ernstige liesbreuk waarvoor hy die operasie nodig gehad het.

Daar is vroeër berig dat Ronnie se vrou, Alida Johnson, ’n BackABuddy profiel gestig het om die nodige fondse in te samel vir die operasie.

Ronnie en Alida was meer as bereid om te werk vir wat hulle nodig het in die lewe, met Alida wat speserye en lekkernye verkoop om huis en haard aan die gang te hou en om te help om fondse in te samel.

Volgens Ronnie kon hulle daarin slaag om ’n ooreenkoms met Life Midmed Hospitaal aan te gaan, en is hy op 28 April geopereer.

“Ons kan die rekening oor ses maande afbetaal,” sê Ronnie verlig.

Weens die ondersteuning van die gemeenskap en tegemoetkoming van Life Midmed Hospitaal, kon ’n deposito van R17 000 neergesit word en is Ronnie op die pad na herstel.

“Ek is reeds besig met werksaansoeke,” het hy bly gesê.

Ronnie skuld nog R41 000 op sy hospitaalrekening, maar met Alida se lekkernye en Ronnie se vasberadenheid om werk te kry, glo hulle dat hulle die mas gaan opkom.

Persone wat die paartjie wil ondersteun, kan hulle skakel by 068 616 9694 of ’n donasie maak op die BackABuddy rekening by:

https://www.backabuddy.co.za/campaign/ronnies-hernia-operation

 

Lees ook:

Borge nodig vir dringende operasie

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button