News
Geliefde leraar se roudiens Donderdag
Familie en vriende sal Donderdag afskeid neem van die geliefde leraar, ds. Sarel Pretorius.
Ds. Pretorius het vir meer as 19 jaar die Middelburg gemeenskap gedien as dominee by die Bybel Metodiste Kerk.
Volgens sy seun, Sam, het ds. Pretorius die laaste ses maande by St Joseph’s tehuis vir bejaardes tuisgegaan waar hy ’n stryd teen Parkinson se siekte gevoer het.
Ds. Pretorius is op 20 Mei oorlede, en hy laat sy eggenoot Lynette, seun Sam, skoondogter Simony, dogter Naomi en skoonseun Nico agter.
Sy roudiens vind Donderdag om 12:00 by die PPK Lofdal Gesinskerk plaas. ’n Privaat teraardebestelling word om 11:00 vir die familie gehou.
’n Huldeblyk ter herinnering aan ds. Pretorius verskyn Vrydag in die Middelburg Observer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
