News

Hekmotordiefstalle: skakel GPF of polisie dadelik as jy iets sien!

Met die skerp toename in hemotordiefstalle die afgelope paar weke, word die gemeenskap gevra om die polisie se oë en ore te wees.

In die laaste paar weke was daar ten minste 16 hekmotordiefstalle in onder andere Gholfsig, Dennesig en Kanonkop!

Juanitha Groenewald (gemeenskapspolisiëringsforum voorsitter) het vanoggend bevestig dat daar ’n skerp toename is in hekmotordiefstalle.

Laasnag alleen is daar weer in Gholfsig, Kanonkop en Dennesig toegeslaan.

Sy vra dat as enigiemand die booswigte opmerk in die nag (of dag) of dalk duidelike videomateriaal kan verskaf in die areas waar hekmotors wel gesteel is, om haar te skakel by 072 386 9949 of die polisie se noodnommers: 10111, 249 1600 of 013 249 1622.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button