News

Die soeke na ’n graf

Pa se storie oor die pa en sy kinders op die treinbrug.

Van watter ouderdom af onthou ’n mens?
Onthou-onthou…?

Onthou pa se storie.

Maar onthou veral die trane nadat pa die storie vertel het.
Vir my kindergemoed die hartseer-pynigend om te verwerk.

Pa het vertel van ’n man wat op ’n treinbrug geloop het.
Sy seuntjie en dogtertjie was by hom.

Die volgende oomblik het ’n trein aangestoom gekom.
Het die angs aangevoel van pa se vertelling.

’n Pa en twee kindertjies wat moes vlug voor die swart gevaarte…

En toe?

Kan vaagweg onthou hoe swaar pa se gemoed was toe hy sê: “En toe skreeu hy vir sy seuntjie om te hardloop en gryp sy dogtertjie en spring met haar van die brug af…”.

Die kinders het albei oorleef, maar die pa het hom doodgeval.

Op sy grafsteen in die Middelburg-begraafplaas, het pa vertel, staan daar “groter liefde as dit kry jy nie… hy het sy lewe vir sy kind gegee”.

Die jare het aangestap.

Tyd het baie onthou uitgevee.

Maar nie pa se storie en die graf nie.

Word in 1982 redakteur van die Middelburg Observer en begin die graf soek.
Tevergeefs!

Is selfs een Sondag saam met polisieman Gerhard Oosthuizen en ons kinders die begraafplaas in om na die graf te soek.
Tevergeefs!

Het gewonder of pa se storie nie denkbeeldig was nie.

Later begin al meer mense soek.
Tevergeefs!

Tot een middag.

Joernalis Corine de Jonge het uitasem gebel: “Ek het die graf gekry!”

Storie word vervolg….

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button