News

Ma wie se seun na motorfietsongeluk sterf: ‘Ek is nie kwaad vir hulle nie’

Die 23-jarige jong man wat Maandagaand gesterf het in ’n motorfietsongeluk, is geïdentifiseer as Kevin Myburgh.

Kevin Myburgh se ma sê sy blameer niemand vir die ongeluk wat sy lewe geëis het nie.

Kevin het Maandagaand in ’n Toyota Land Cruiser gesterf nadat hy in ’n motorfietsongeluk was en hy ingetel is in die Landcruiser.

Jacky Kloppers, Kevin se ma, sê hulle is nog nie seker presies wat gebeur het nie.

Sy het net verneem dat hy en sy vriende, wat ook kollegas was, saam gaan kuier het en dat die ongeluk daarna gebeur het. Sy het ook gehoor dat een van sy vriende eers met die motorfiets in ’n ongeluk was en dat Kevin aangebied het om verder met die motorfiets te ry.

Dit wat op die toneel gebeur het waar hy later raakgery en gesterf het in die Landcruiser, het sy nie volledige detail nie.

“Ek is glad nie kwaad vir iemand nie. Dit was ’n ongeluk. Kevin se vriende is goeie mense, want hy was ’n goeie kind en het net goeie vriende gehad.”

Sy onthou haar pragtige seun, “as ’n stoutgat, wat baie impulsief was en altyd daar was vir ander.”

Kallie van Rooyen, Kevin se beste vriend, het ook sy hartseer en ongeloof uitgespreek oor Kevin se dood.

Hy het Kevin beskryf as, “’n outgoing, aangename mens wat gestaan het in wat hy glo.”

Kevin het op 14 Augustus sy 23ste verjaardag gevier. Hy het grootgeword in Welkom, waar hy matrikuleer het aan HTS Welkom. Hy het die afgelope sowat vier maande in Middelburg gebly.

Hy word oorleef deur sy ma Jacky, stiefpa Piet, sussie Daney en broer Tommie.

Daar is nog nie finale begrafnisreëlings getref nie,

Kevin Myburgh soos almal hom sal onthou. Hy was lief vir motorfietsry. Met die ongeluk Maandagaand het hy met ’n kollega se motorfiets gery. FOTO: Verskaf.

Louwtjie Swart (Louws Towing & Recovery) het ’n gedeelte van die ongeluk gesien en Dinsdagoggend sy weergawe van die gebeure geskets.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button