Is ’n kiewiet ’n kiewiet of kan ’n kiewiet ’n dikkop wees?

Na ’n berig ’n oor die “kiewiet” ma wat so dapper voor ’n kar staan om haar twee kuikens te beskerm, het die meeste lesers daaroor gekoer.
Die ware voëlkenners en voëlkykers, was vinnig om die gewone sterflinge, wat dink ’n voël is ’n voël en ’n kiewiet ’n kiewiet, reg te help.
Volgens voëlkenners is die dapper wyfie ’n dikkop.
’n Dikkop?
Lees ook hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/10/09/kwaai-kiewiet-ma-skrik-vir-geen-kar-nie/
Ja ’n dikkop, nie ’n kiewiet nie.
In die ou dae sou ons deur die Afrikaanse ensiklopedieë moes worstel om antwoorde te kry.
Nou is daar egter Google en Wikipedia.
Dan het Johan Combrinck wat vir donkiejare by die Witbank Natuurreservaat gewerk het, ook bevestig dit is ’n dikkop.
Dikkoppe en kiewiete is nie aan mekaar verwant nie, alhoewel hulle fisiese ooreenkomste het.
Dave Pepler het op sosiale media ’n reeks foto’s gepubliseer om die verskille uit te wys.
Foto een is ’n gewone dikkop.

Foto twee ’n waterdikkop.

Foto drie ’n bontkiewiet.

Foto vier ’n kroonkiewiet.

Daar het jy dit my kroon.
