News

Dogtertjie met outisme vreesbevange nadat sy in dwelmnaald trap, tweede voorval in maand

'n Tweede dogtertjie het in die bestek van net etlike weke in 'n dwelmnaald getrap.

‘n Twaalfjarige dogtertjie met outisme moet vir die volgende paar weke antiretrovirale middels gebruik nadat sy gistermiddag in ‘n dwelmnaald getrap het in ‘n parkie.

“Dit was absoluut skokkend, ek het yskoud geword toe ek sien hoe die naald regop staan in haar toon!” het die ma (wie se naam weerhou word omdat die dogter minderjarig is) ontsteld gesê.

“Ek sien nou nog die dik naald voor my oë in haar toon. Die gemors van ons samelewing wat nie eers die naalde ten minste kan weggooi nie!”

Sy het ‘n aardige bedrag betaal vir bloedtoetse en moet medikasie gebruik word om seker te maak sy doen nie MIV (Menslike Immuniteitsgebreksvirus) op nie.

Wat vir haar die ergste is, is die vrees in haar kind se oë. “Sy bly sê sy hoop nie sy word siek nie. Dit was vir haar vreeslik erg!”

• Dit is die tweede voorval in ‘n maand waar ‘n dogtertjie in ‘n dwelmnaald trap. Vroeg in Oktober het ‘n negejarige dogtertjie ook in ‘n dwelmnaald getrap wat buite ‘n naskoolsentrum deur ‘n verslaafde neergesmyt is.

Die kind het verskeie bloedtoetse ondergaan en al die toetse was gelukkig tot nou toe nog negatief vir MIV en Hepatitis B.
Die ma het egter die gemeenskap gewaarsku teen die gevare en het gese dat almal hul deel moet bydra om dit veilig te maak vir almal in ons gemeenskap.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button