News

Dogtertjie wat in naald trap toets negatief vir MIV

’n Ma is dankbaar dat haar dogtertjie negatief getoets het vir MIV nadat sy onlangs in ’n dwelmnaald getrap het.

‘n Maand nadat ‘n negejarige dogtertjie in ‘n dwelmnaald getrap het, het haar ma laat weet dat al die toetse tot nou toe negatief is vir Hepatitis B en Menslike Immuniteitsgebreksvirus (MIV)..

Die kind het kaalvoet uitgeloop by ‘n naskool toe sy in die dwelmnaald getrap het. Dit was só diep dat haar voet gebloei het. Die ma en dokters het voorkomend opgetree en moes sy voorkomende medikasie kry en ook weer gaan vir toetse om seker te maak dat sy nie die genoemde siektes opgetel het nie.

“Ek wil graag ’n kort boodskap van groot verligting en dankbaarheid met ander lesers deel. My kind se laaste stel bloedtoetse is gedoen, en die dokters het met ons die wonderlike nuus gedeel dat sy negatief getoets het.”

Haar moederhart is bly, maar sy meld dat ’n mens nie kan help om jou te bekommer nie. “Ek weet maar alte goed dat hierdie situasie baie anders kon uitgedraai het. Dit laat my besef hoe kosbaar gesondheid en gemoedsrus is.”

Die ma voel egter dat almal in ons dorp hul deel moet doen, “om hierdie dwelmsituasie wat ons dorp so erg ruk, te probeer stop. Dit vernietig jong lewens en gesinne, en niemand van ons is immuun teen die gevolge daarvan nie.”

Sy is van mening dat die gemeenskap saam ‘n verskil kan maak. “As ons saamstaan kan ons ’n verskil maak as ons bereid is om op te staan en mekaar te help om vir ons kinders ’n veiliger toekoms te skep.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button