Korb speel baan aan die brand in Dunhill kampioenskap
Potgieter en Bekker begin ook goed in Johannesburg.
Toe die son vanmiddag oor Johannesburg gesak het, was drie spelers met Middelburgse bande in ’n goeie posisie in die Dunhill gholfkampioenskappe.
Die toernooi word by die Royal Johannnesburg-baan aangebied.
Een van die verrassings was die oud HTS Middelburg leerling, Ruan Korb, wat bestendig begin het en op ’n uitstekende -4 klaargemaak het.
Aldrich Potgieter het -5 gespeel en Oliver Bekker -6.
Eugenio Chacarra van Spanje en die Suid-Afrikaner Christiaan Burke is saam voor op -9.
Brandon Stone en die Nelspruiter Thriston Lawrence blaas in hulle nek op -8.
Daniel van Tonder, Branden Grace en Brandon Thompson is een hou agter op -7.
Bekker het saam met John Parry, Ben Schmidt en Samuel Simpson een hou minder gespeel.
Daarna volg ’n rits spelers op -5,wat Potgieter insluit.
Die ander wat deel is van die groep is Dean Burmester, Christiaan Bezuidenhout, Romain Langasque, Jorge Campillo, JC Ritchie, Marcel Siem, Marcus Armitage, Louis Oosthuizen, Jayden Schaper, Shaun Norris, Darius van Driel, Casey Jarvis, Pablo Larrazabal, Mikael Lindberg, MJ Viljoen en Karabo Mokoena.
Die toernooi is wawyd oop en enigeen kan nog wen.
