
Die SA Beker kampioene, die Pumas, speel môremiddag in die Toyota-uitdaagreeeks in Bloemfontein teen die Black Lions van Georgië.
Die wedstryd skop om 13:30 af.
Griekwas, wat in die SA Beker eindstryd teen die Pumas verloor het, speel om 15:30 teen Roemenië en die Cheetahs pak Lusitanos van Portugal om 18:00.
’n Interessante keuse is die ou staatmaker, Simon Westraadt, wat op die bank gekies is.
Die wedstryde is goeie voorbereiding vir die Curriebeker wat in Julie afskop.
Puma afrigter Jimmy Stonehouse het sy beste beskikbare span gekies vir die kragmeting.
Staatmakers soos Sampie Swiegers, JJ Scheepers, Tiaan de Klerk, Ntsika Fisanti, Wian van Niekerk, Sango Xamlashe en Jycee Nel, is almal in die span.
Pumas:
Jaycee Nel, Lundi Msenge, Sango Xamalashe, Wian van Niekerk, Darren Adonis, Nevaldo Fleurs, Thomas Bursey, Willie Engelbrecht, Ruwald van der Merwe, Ntsika Fisanti, Tiaan de Klerk, JJ Scheepers, Sampie Siegers (k), Darnell Osuagwu, Kudzwai Dube. Plaasvervangers: Simon Westraadt, Zukisa Sali, Junior Banda, Miyelani Ngobeni, Marvelous Mashimyi, Reagan Oranje, Clinton Swart, Tino Swanepoel.
