Kolonel Flip Lombard deur kollegas as ware ‘gentleman’ onthou
Jong polisieman deur landdros geloof vir sy deeglike werk.
’n Polisieman en ’n gentleman.
Dit was kolonel Flip Lombard (77). Hy is Maandagaand in ’n hospitaal op Nelspruit oorlede, nadat hy lank siek was met rugmurgkanker.
Het as joernalis in die streekhof op Witbank gesit.
Die ondersoekbeampte in ’n verkragtingsaak was ’n jong speurder van Ogies, Flip Lombard. ’n Vrou se kar het gebreek en sy het saam met haar dogtertjie gaan hulp soek. Toe sy deur ’n draad klim, is sy deur twee mans oorval en verkrag.
As gevolg van die jong polisieman se deeglike werk, is albei skuldig bevind. Landdros J van R Pietersen het by vonnisoplegging gesê hy het nog nooit so deeglike ondersoek gesien nie.
Van daardie dag af die grootste respek vir Flip Lombard gehad.
Sy loopbaan het op Piet Retief begin en hy was ook gestasioneer op Witrivier, Komatipoort waar hy serebrale malaria opgedoen het, waarmee hy vir 10 jaar gesukkel het, Ogies en Middelburg. Hy het afgetree as vol kolonel by die polisie se bestuursdienste en hom saam met sy vrou, Vera, op Nelspruit gevestig.

Die egpaar sou op 3 Januarie hulle 36ste huweliksherdenking gevier het. Vera het vanoggend gesê dat Flip so graag weer die see wou sien, maar hy het by die huis geval en verskeie infeksies in die hospitaal opgedoen, voordat hy oorlede is.
Een van sy oud kollegas op Middelburg, kolonel Wessie van der Westhuizen, sê “Flip was ’n ware gentleman, hy was altyd deeglik in sy werk en het ’n rustigheid uitgestraal”.
Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word, maar ’n gedenkdiens word later die week op Nelspruit beplan. Die diens sal gelei word deur ds Jaco Strauss van die NG Moedergemeente op Nelspruit wat ook die bedankings sal hanteer.
