Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen: Uduxo hou prysuitdeling

Hoërskool Ben Viljoen se Uduxo-klasse het hul jaarlikse prysuitdeling in die elegante en rustige omgewing van Marble Hall Gholfklub gehou.

Hoërskool Ben Viljoen vereer hul Uduxo-klasse se leerlinge met hul jaarlikse prysuitdeling.

Die pragtige lokaal by Marble Hall Gholfklub, met sy uitsig oor welige gholfbane, het die ideale atmosfeer geskep vir ’n viering van harde werk, groei en uitsonderlike prestasie.

A young man in a green blazer receives a certificate from an older man in a striped blazer. They stand in front of a festive balloon display, smiling.
JJ Marais en mnr. Christo van Jaarsveld. Foto: Verskaf.

Die geleentheid het leerders, ouers en personeel bymekaar gebring om eer te betoon aan dié leerders wat gedurende die jaar besonderse toewyding en deursettingsvermoë getoon het.

Die prysuitdeling, wat jaarliks ’n hoogtepunt vir die Uduxo-klasse is, beklemtoon nie net akademiese groei nie, maar ook leerders se persoonlike ontwikkeling, waardes en leierskap.

Two men smiling and shaking hands at an award ceremony. One holds a certificate. Colorful balloons form a festive backdrop, conveying celebration.
Karel Minnie en mnr. Christo van Jaarsveld. Foto: Verskaf.

Verskeie toekennings is toegeken vir uitstekende akademiese prestasie, merkwaardige verbetering, voorbeeldige werksetiek en positiewe betrokkenheid.

Elke leerder het die vrugte gepluk van ’n jaar se volgehoue inspanning onder leiding van die toegewyde Uduxo-onderwysers wat hul rol met passie en doelgerigtheid vervul.

A young man in a gray shirt receives a certificate from a man in a green striped blazer at an indoor ceremony, with festive decorations around.
Estiaan Hobbs en mnr. Christo van Jaarsveld. Foto: Verskaf.

 

Lees ook: Flits by streeksfees en Interhoër

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button