News

Middies matrieks versit berge met 100% slaagsyfer

Middelburg Hoërskool het rede om trots te wees nadat die matriekklas van 2025 ’n 100% slaagsyfer in die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen behaal het. Die puik uitslae bevestig die skool se top akademiese standaarde en harde werk deur leerders en onderwysers.

By Middelburg Hoërskool is sukses nie per toeval nie! Die Klas van 2025 het ’n 100% matriekslaagsyfer. ’n Prestasie wat getuig van volgehoue harde werk, dissipline en akademiese fokus.

Altesaam 265 leerders het die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in November en Desember 2025 afgelê, met ’n algehele gemiddeld van 65,2%.

Die sterkste trappie op dié leer is sonder twyfel die 231 leerders (87%) wat vir Baccalaureusstudies aan universiteite van hul keuse gekwalifiseer het, terwyl 32 leerders toelating tot Diplomastudies aan ander tersiêre instellings ontvang het. Dit beteken dat die oorgrote meerderheid van die Klas van 2025 gereed is om hul akademiese reis verder voort te sit en berge te versit.

Peter-Hugh Rowan saam met sy pa, Albert en ma, Corrie Rowan. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.

Die gehalte van die uitslae word verder beklemtoon deur die groot aantal hoë simbole wat behaal is, naamlik 351 A-simbole, 401 B-simbole en 435 C-simbole – ’n duidelike aanduiding dat hierdie sukses nie op geluk berus nie, máár op konsekwente konsentrasie oor ’n wye spektrum vakke.

Sedert 1918 bou Middelburg Hoërskool, graad na graad, aan jong mense se toekoms. Die matrieks van 2025 is die jongste bewys dat die skool se akademiese fondament steeds stewig staan.

Middelburg Hoërskool se top presteerders van die Klas van 2025. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.

Die skool bring hulde aan elke matrikulant wat ongeag struikelblokke, aanhou klim het, sowel as aan die opvoeders en ouers wat deurentyd langs elke leerder gestaan en ondersteun het.

Aan die Klas van 2025, jy het die berg se kruin bereik – sprei nou jou vlerke en vlieg hoog.

Dané Smit, Annabelle Davel en Larizaan Bouwer. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Mmakgosi Choma, en haar ma Phindile Mpila. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Zanempilo Mahlangu en Lungela Maseko. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Taslé Jacob. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Rummanah Bico en Mieke Leonard. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Liza Bico De Sousa en Rummanah Bico. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Sanele Mnguni, Khanyisa Mdeyidi en Ntombenhle Mahlomuza. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Phetolo Maleka en Angel Mahlangu. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Akwande Mashile, Errenre Mashile, Lulu Mashile, en Connie Mashile. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Dané Smit, Annabelle Davel en Larizaan Bouwer. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Anelisa Mthethwa en Akwande Mashile. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Annabelle Davel en Dané Smit. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.
Taslé Jacob saam met ma, Leigh-Anne en pa, Nathan Jacob. Foto: Carmia Jansen van Vuuren.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Back to top button