News

Hekmotordiewe steel drie hekmotors binne ses maande by een huis

Hekmotordiewe is steeds bedrywig in Kanonkop en die soveelste hekmotor is vanoggend in die vroeë oggendure gesteel.

Hekmotordiewe het laasnag vir die derde keer in ses maande by ’n huis in Proteastraat toegeslaan.

Leoni Boshoff sê hulle is kort voor 02:30 gewek met die geblaf van hulle honde. Haar man, Pieter, het na buite geloer en gesien dat die booswigte besig is om die hekmotor te steel en hy het op hulle geskree.

Die diewe het die hekmotor egter steeds uitgeruk en weggehardloop.

Leoni het vies gemeld dat dit die derde hekmotor in ses maande is wat by hul huis gesteel word.

• Alhoewel die kringtelevisiemateriaal nie duidelik genoeg is vir publikasie nie, kan ’n mens die buitelyne van die drie diewe sien. Wat opmerklik is, is dat hulle net omgekyk het toe die honde in die erf vir hulle begin blaf, dit pla hulle glad nie. Hulle het eers gevlug toe hulle agterkom die huismense is wakker en Pieter op hulle skree.

’n Duidelike voetspoor is agtergelaat in die los grond waar die hekmotordiewe die hekmotor uitgeruk het. Foto: Verskaf.
Die diewe het duidelike vingerafdrukke op die een paal agtergelaat. Foto: Verskaf.

• In die laaste drie jaar is daar al tientalle hekmotors gesteel. Sowat ’n maand gelede is 16 hekmotors oor ’n naweek in Kanonkop en Dennesig gesteel, waarna die gemeenskapspolisiëringsforum hul patrollies opgeskerp en dié diefstalle afgeneem het na drie vir ’n week.

• Met die vorige hekmotordiefstalle het die diewe opgedaag in ’n voertuig wat naby huise stop. Dié drie het egter in die straat afgehardloop.

• Die Observer wil ’n databasis saamstel van hoeveel hekmotors sedert 1 Januarie vanjaar gesteel is. Stuur ’n WhatsApp na 072 248 3855 met jou naam en van, wanneer jou hekmotor gesteel is en waar dit gesteel is (straatnaam en uitbreiding).

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button