News

KYK: Hekmotordiewe steel weer en weer by dieselfde huise

Hekmotordiewe het die laaste paar maande meer as een keer by huise, waar hulle voorheen reeds hekmotors gesteel, weer toegeslaan

Dit blyk dat slagoffers van hekmotordiefstalle nou ekstra gereeld hekmotors moet koop, want die diewe kom net terug om die nuwe hekmotors wat vervang is, ook te vat!

Sedert Vrydagoggend is daar by drie huise in Kanonkop toegeslaan waar hekmotors voorheen ook gesteel is.

Gisteroggend (Maandag) is daar vir die derde keer in ses maande toegeslaan by die Boshoff-gesin in Proteastraat. Die booswigte het omstreeks 02:30 die hekmotor gesteel.

’n Omgekrapte Roelf Botha sê sy hekmotor in Kremetartstraat is Vrydagoggend om 01:11 gesteel. “Op 29 Julie verlede jaar het hulle ook ons hekmotor gesteel!”

Twee ure later is die hekmotor van die De Klerks gesteel in Kareestraat. Hulle het ook laat weet dat dit die tweede keer in ses maande is dat hulle hekmotor gesteel is.

Hulle het kringtelevisiemateriaal beskikbaar gestel van die diefstal, waarin ’n mens kan sien hoe die een booswig oor ’n muur spring en die hekmotor begin loswikkel. ’n Voertuig beweeg ook kort voor die diefstal in die straat af, waarna twee mans kort daarna aan die buitekant van die hek gesien kan word. (Die spoed van die video is verhoog sodat ’n mens kan sien wat gebeur. Die hele diefstal duur egter omtrent vier minute).

@middelburgobserver

WATCH | Gate motor thieves are returning to homes they previously targeted in Kanonkop, Middelburg. Residents urged to stay alert and report suspicious activity to their emergency WhatsApp groups. #Kanonkop #CrimeAlert #GateMotorTheft #CommunitySafety #StayAlert#middelburgobserver #middelburg #mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

  • Die Observer is besig om ’n databasis saam te stel van die diefstalle van die hekmotors vanaf Januarie 2026. As jou hekmotor in hierdie tyd gesteel is, stuur ’n WhatsApp met jou naam en van, die datum en die straatnaam na 072 248 3855. Dui ook aan of dit die eerste of tweede keer is wat jou hekmotor gesteel is.

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button