News

Daar’s ’n ding in die water op Dullstroom…

Dalk is dit ’n ninja skilpad.

Dit gons alweer op Dullstroom waar nog ’n kuiergas plaaslike inwoners se tonge laat klap.

Die stof rondom die vorige naweek se kroeggevegte en skietery het skaars gaan lê, voordat ’n foto van ‘die ding in die water’ gister die rondte begin doen het onder inwoners.

Die vraag bly egter steeds, is die ding in die water ’n seekoei, of een of ander gedierte?

’n Foto van die ‘ding in die water’ is Saterdagmore vroegoggend by Jansonsdam geneem.

Die dier van nader gesien.
’n Nadere skoot van die ding in die dam.

Potgieter sê dat hulle omstreeks 06:30 by die dam aangekom het om reg te maak vir die dag se vlieghengel kompetisie.

Jansonsdam word al jarelank deur die Dullstroom Vlieghengel Vereniging gebruik as voorkeurdam.

Potgieter sê dit was reënerig en erg mistig toe hulle ‘die ding in die dam’ gewaar het.

Die toto is toe geneem van die donker massa, met duidelike opsteekoortjies soos dié van ’n seekoei.

Potgieter sê egter dat die dier te ver was om regtig uit te maak wat dit is.

’n Ander inwoner het sagteware gebruik om die mis op die foto te verwyder, wat duidelik wys dat dit niks ander as ’n seekoei kan wees nie.

Daar was al vantevore seekoeie in Dullstroom opgemerk, maar die verskynsel is baie raar.

Dit lyk na ’n seekoei.
Die foto nadat die mis verwyder is.

Daar is wel talle wildsplase in die omgewing waar die ding in die water gesien is.

Na Saterdagmore is die dier nie weer gesien deur enige van die 140 lede van die vlieghengel vereniging nie.

Sowat vyf jaar gelede was daar ook ’n seekoei in Jansonsdam, wat later oorbeweeg het na die dorpsdam.

En, vandaar het die dier die mis in verdwyn.

• Dit herrinner sterk aan die besoek van drie seekoeie aan Middelburg in 2022.

Aanvanklik is ’n bul, koei en kalf in Middelburg gesien, selfs waar hulle rustig laatnag deur Eastdene se strate gewaggel het.

Die bul ek koei is later naby eMalahleni gevang en geskuif, maar die kalf was weg.

Daar word vermoed dat die kalf dalk dood is toe die Middelburg- en Witbankdam se sluise oopgemaak is.

• In 2023 is daar ook ’n seekoei in die Klein Oliftans opgemerk by Mossienes langs Damwal op die Loskoppad.

Lees ook hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2022/09/12/parkeraad-maak-gereed-om-seekoeie-te-skuif/

En hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2022/08/30/seekoeie-gaan-klop-aan-by-kerk-op-kromdraai/

En hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2022/08/25/seekoeie-kuier-weer-lekker-in-rivier/

En hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2022/07/04/seekoeie-alweer-kilometers-verder/

En hier: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2022/07/04/seekoeie-is-in-die-witbankdam/

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Check Also
Close
Back to top button