News

Blackie se begrafnis is Woensdag

Moths gaan laaste eer betoon aan bekende polisieman

Die begrafnisdiens van bekende oud polisieman, Adjudant Blackie Swart (76), vind Woensdag, 29 April, om 11:00, uit die NG Gemeente Panorama (eMalahleni) plaas.
Hy is Dinsdagoggend, 21 April 2026, om 5:00, oorlede aan ’n hartaanval.

Blackie was ’n gereelde lid van Witbank Rugbyklub en het op voorry gesak.
Hy was vir 45 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse Polisie.
Lede van die Moth-organisasie, waarvan Blackie lid was, word versoek om al 10:30 by die kerk te wees.

  • Blackie was ’n legende op Witbank in ’n tyd toe Lang Paul du Plessis gereeld saam met sy trawante amok gemaak het by die Carlton Hotel.

Hy het saam met jong polisiemanne soos Henk Holtzhausen, Pieter Taljaard, Tallies Taljaard en die drie Etsebeth boeties Fanie, Piet en Tonie gesorg dat daar wet en orde op die dorp was.

  • Ons was doodbang vir hom, want hy het nie nonsens gevat van ’n koerantman, ’n balhorige haas (burgerlike) of ’n polisieman wat nie sy plek geken het nie.

Lees ook: Hart eis polisieman Blackie Swart

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button