Derby koors: Daar was gevegte, nou is daar lofprysing
In plaas van baklei word daar gesing en gedans.
Daar was bloedige gevegte…nou is daar ’n kerkdiens!
Ja-nee die derby het deesdae styl en finesse.
Daar is kultuur en selfs lofprysing.
Weg is die drama-drama, die baklei en krimininaliteit.
Dit was so erg dat mense in die gesig gespoeg is, ander is bebloed geslaan.

Die twee skoolhoofde van destyds, mnre. Pottie Potgieter en Ockert Nel, is na die Onderwysdepartement se hoofkantioor ontbied, om gemoedere te kalmeer.
Groot skade is by skole aangerig deur vandalisme.
Gelukkig weet vandag se geslag min van die bitter stryd wat die jaarlikse wedstryd tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg voorafgegaan het.
Daardie jare was dit net rugby en ook maar net die eerste spanne waaroor alles gegaan het. Nou is daar hokkie, netbal en selfs gholf.
Die derbyweek skop Maandag af met ’n kultuuraand by Hoërskool Middelburg.
Daar is noot-vir-noot, stem-teen-stem en snaar-op-snaar
Die kultuuraand begin om 18:30 en leerlinge met skooldrag betaal R20 toegang.

Die aand word Maandag voorafgegaan met ’n Oupa- en Oumadag by Middies.
Die res van die geesweek by Hoërskool Middelburg bestaan uit:
Dinsdag: Bennie Boekwurm/Bennie Boekfilm. Trek aan soos ’n karakter uit ’n boek of film. Vanaf 18:00 tot 19:30 lofprysingsaand by Corpus Christi in Aerorand.
Woensdag: Groendag . Trek iets groen aan. Die B-spanne hokkie is ook in aksie.
Donderdag; Tekrotte. Trek soos HTS Middelburg of rooi aan. Die aand is daar geesvang saam met Drommedaris op die pawiljoen. Die bes geklede Middie ongtvang ’n prys.
Vrydag: Groen optog deur die eerstespanne en matrieks. Seunshokkie met die eerstes om 18:00 in aksie.
HTS Middelburg skakel aktief by al die inisiatiewe in soos die lofprysing.
Die skool het ook Maandagoggend die bekendstlling van sy eerstespanne waar die Bokflank, Jaco Kriel, ’n inspirerende boodskap gaan lewer, vir die ouers en leerders.
Donderdagaand is die groot kleurfees wat die dorp gaan laat dreun.
Dit is geen geheim dat die rooi-optog elke jaar die strate van Middelburg tot stilstand bring nie. Vrydag gaan geen uitsondering wees nie.
