Die pyl wat in ’n gesin se erf gekry is. FOTO: Verskaf.
Daar is ’n katjagter los in Jopie Fouriestraat in Dennesig Facebook het gisteraand ontplof nadat ’n vrou, wat vra om anoniem te bly, vertel het dat een van haar katte reeds doodgeskiet en nog een gekwes is.
Die katjagter gebruik ’n windbuks maar die gesin het ook ’n pyl in hulle erf opgetel. Soos alttyd was daar twee kante “hou die katte in jou erf” en diegene wat bloed gesoek het. Daar was kru-boodskappe soos “maak hom aan ’n boom vas en skiet die k@k uit hom” en “skiet hom terug as jy diere seermaak kan hy maklik mense seermaak”.
Een vrou het die katskieter die slegste moontlike toegewens met “hoop sy vingers verander in vishoeke en hy juk waar hy nie moet nie”.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.