News

Toedeure na reënboë: Anri se droom vir Lewies

Middelburg-ma, Anri Groenewald, skop links en regs deure oop vir seun, Lewies en ander op outismespektrum.

Anri Groenewald en haar seun, Louis Groenewald of ‘Lewies’ soos Middelburg dié knaap ken, het lank gevoel asof hulle nét toedeure in die gesig staar.

Verwerping en isolasie is ’n harde realiteit vir outistiese kinders soos Lewies, maar Anri het nou ’n nuwe deur vir kinders soos hy, oopgeskop.

Lewies se ma, Anri Groenewald. Foto: Verskaf.

Lewies leef met vlak 3-outisme, en in die soeke na ’n plek waar hy aanvaar word, was die antwoord dikwels dat hy “té veel” is.

Lente, Lewies en Milane Groenewald. Foto: Verskaf.

Vandag lyk dié prentjie egter anders danksy die bewusmakingsveldtog, For my Boy, wat intussen tot ’n nuwe klaskamer gelei het.

Outisme deur ‘n ma se lens

Anri se emosionele noodkreet en outisme-bewusmakingsveldtog op sosiale media het die gemeenskap geïnspireer.

Haar plasing is deur meer as 116 800 mense gesien, en danksy hierdie blootstelling, spog Kidz Coach Sentrum nou met ’n reënboogkamer vir kinders op die spektrum.

Sy verduidelik: “Elke toedeur het ons gesin op die regte tyd na die regte mense gelei.”

Middelburg se ‘Droomspan’

Die dorp se eie ‘droomspan’, bestaan uit ’n groep plaaslike kundiges, wat besluit het om gratis hulp aan te bied. Hierdie span bestaan uit Arbeidsterapeut, Danielle Humphris van Woudenberg; Spraakterapeut Eloise Moll; en Dr. Jacolien Greyling, ’n opvoedkundige sielkundige.

Meer as net ’n kamer

Die projek het onlangs ’n reusehupstoot gekry toe die ALZU-stigting ’n skenking van R45 000 gemaak het.

Die kamer word ingerig met sensoriese hulpmiddels en kalmtekokonne waar kinders kan afskakel.

Hoewel die projek reeds ’n verskil in twee maatjies se lewens maak, is die droom veel groter.

Ons hoop om later sommer baie kinders op die spektrum ’n kans te gee,” sê Anri.

Wat aanvanklik soos ’n doodloopstraat gelyk het, was toe die begin van ’n pot goud aan die einde van die reënboog.

Mamma Anri Groenewald, Pappa Louis Groenewald, Milané Groenewald, tweeling sussie, Lente Groenewald, die jongste sussie en klein Louis Groenewald. Foto: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Carmia Jansen van Vuuren

Carmia is an up-and-coming junior journalist at the Middelburg Observer. She has a burning passion for creative writing and poetry. She is a qualified language educator but fiercely enjoys the challenges that writing and reporting offer. Her focus spreads over different fields, including human interest, hard news, investigative reporting, and sports.
Check Also
Close
Back to top button