News

Dit is nog nat – brandverbod uitgestel

Dik rookwolke nadat grasvelde aan die brand gesteek is

Na rekord neerslae in die somer is gedeeltes van plase steeds onbegaanbaar vir boere. Dit het veroorsaak dat voorbrande nog nie gemaak kon word nie.

Tradisioneel stel die Groter Middelburg Brand Beskermingsvereniging jaarliks die algehele brandverbod in op 1 Augustus. Dit bepaal onder andere dat die maak van oop vure verbode is, behalwe vir die voorbereiding van voedsel op areas spesiaal voorberei daarvoor soos in woonwaparke.

Voorbrande verder bemoeilik

Na die goeie reënval kan baie grondeienaars nog steeds nie by gedeeltes van hul plase uitkom met toerusting om voorbrande te maak nie. Dit beïnvloed die afkondiging van ’n brandverbod. Sekere areas het ook min tot geen ryp gekry nie, wat tot gevolg het dat brandmateriaal nog groen (nat) is wat die maak van voorbrande verder bemoeilik.

@middelburgobserver

Na rekord neerslae in die somer is gedeeltes van plase steeds onbegaanbaar vir boere. Dit het veroorsaak dat voorbrande nog nie gemaak kon word nie.#Middelburg #Mpumalanga

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Versoek om daagliks aansoek te doen om brandpermitte

Daar is besluit om die afkondiging van ’n brandverbod te vertraag. Grondeienaars word versoek om daagliks aansoek te doen om brandpermitte tot ’n verbod afgekondig word. Permitte word daagliks uitgereik indien die Brand Gevaar Indeks gunstig is. Permitte word saam met die Indeks daagliks op WhatsApp-groepe geplaas, om monitering van brande te vergemaklik. Die Indeks word daagliks geformuleer aan die hand van verskeie voorspellings soos onder andere die Suid-Afrikaanse Weerdiens, Vital Weather, Windy en Hugo Weer.

Brandpermitte word uitgereik deur:

Helgaardt Muller     074 601 3753.

Rudolph Uys      082 308 7306.

Pieter Strydom      081 313 8365.

Jannie Ludeke 083 771 2161

Die bestuur van die Groter Middelburg Brand Beskermingsvereniging behou die reg voor om ter eniger tyd die algehele brandverbod af te kondig na gelang van veranderende weersomstandighede.
“Ons doen graag ’n beroep op alle grondeienaars om samewerking ten einde onnodige verliese te bekamp en alle brande te rapporteer en veiligheid van inwoners en werkers eerste te stel.”

  • Inwoners het die afgelope week gekla nadat verskeie veldbrande dik rookwolke oor die dorp laat hang het. Jong seuns het gister die veld langs Dennesig aan die brand gesteek en vanoggend is die veld in Helen Jospehstraat aan die brand gesteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button