NewsSport

Vrou beseer nadat sy met fiets val

Vier dae in hospitaal na mylpaal rit na Alzu

Eers ’n mylpaal en toe ’n groot val.
’n Paar weke gelede het Annemarie Fourie die grondpad van Middelburg na die Alzu Petroport aangedurf…en klaargemaak.

Vier dae in hospitaal

Dit was ’n groot mylpaal vir die lid van Middelburg Fietsryklub.
Vrydag het sy so hard met die einste fiets geval, dat sy vier dae in die Life Midmed Hospitaal moes deurbring.

Gewag vir uitslae

Sy is Maandag na Kosmos Hospitaal in eMahlaleni vir ’n MRI-skandering.
Veral haar knie het die impak gevoel van haar groot val.
Daar word nog gewag vir uitslae van die skandering en sy is Dinsdag ontslaan.

Tusen die pyn was daar ook groot dankbaarheid vir mense se goedheid.
Sy kan nie uitgepraat raak oor die hulp en ondersteuning uit die gemeenskap nadat sy hard met die teerpad kennis gemaak het nie.
Selfs vreemdelinge het haar te hulp gesnel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button