News

Geheim van die waterbok leef voort

Dit is nie Kunsmatige Intelligensie nie, dis waar, al is dit bisar.

’n Waterbok wat met kersliggies om die nek in Middelburg se industriële gebied af hardloop.
Dit kan mos nie waar wees nie?

Maar tog is dit die reine waarheid.
Drie weke later is die geheim van die waterbok egter nog nie opgelos nie.

Die persoon wat hom verdoof en na die Groblersdal distrik verskuif het, sê hy het nie ’n verklaring waar die bok vandaan kom nie en nog minder waar die kersliggies om sy nek vandaan kom nie. Hy verkies om anoniem te bly.

Mnr. Deon Cornelius van uBhetyan, wat al verskeie kere bobbejane op die dorp kom vang en hervestig het, sê as die bok nie van die Columbus omgewing kom nie, kon hy uit ’n wildsvoertuig ontsnap het wat op die dorp oornag het.

@middelburgobserver

Minder as ‘n maand nadat twee verdwaalde koedoes amok gemaak het in Kanonkop, is ‘n waterbok vanoggend in die industriële gebied van Middelburg gesien. Die bok het byna ‘n ongeluk veroorsaak en die konfrontasie is op die voertuig se paneelbordkamera vasgevang. Die DBV is tans op die bok se spoor.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Dit is egter net raaiskote.
Maar vanwaar die kersliggies?

Die bok was duidelik nie mak nie en het na hy vrygelaat is, die bos ingevaar, waar hy intussen weer gesien is. Maar Middelburg het die laaste klompie jare soveel diere op die dorp gesien dat dit Noag se ark sou volmaak.

Die oggend toe ’n inwoner by die Middelburg Observer se redaksiekantoor inhardloop met die nuus dat daar drie seekoeie in die Klein Olifantsrivier is, het ons ook eers gedink dit is ’n Gert Grootlieg-storie.
Toe hy later uitasem met ’n video van die seekoeie opdaag, was dit die begin van ’n wekelange seekoei spoorvat.

Daar was al ’n likkewaan in die hospitaalgange, krokodilletjies in ’n Aerorand tuin en ’n vlakvark in ds Gawie Conradie se erf, maar ’n waterbok met kersliggies om die nek?
Sak Sarel, sou ons ook gesê het as ’n paneelkamera nie die waterbok in lewende lywe afgeneem het nie.
Wat is volgende?
’n Olifant in die ouetehuis?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button