News

Pumas se nuwe hoof van skeidsregters loop lang rugbypad

Die oud onnie wat Oubaas se skoene moet volstaan.

Wie onthou vir Bosman Grobler, Stuart de Lacey Lacey, Stefan Breytenbach, Lionel Pienaar…?
En wie onthou meneer Adé (Kobus) Adendorff?

Die lewe loop vele draaie. Elkeen voltooi die lewensirkel op sy manier. Bosman Grobler pryk nou lewensgroot op lamppale as Middelburg se burgemeesterskandidaat. Meneer Adendorff (61) het gevorder van Laerskool Middelburg se rugby afrigter, tot die man wat die ervare Oubaas Coetzer se skoene moet volstaan, as die Pumas se hoof van skeidsregters.

Hy is ’n oudleerling van Hoërskool Ben Vorster op Tzaneen en het sy studies aan die Universiteit Pretoria voltooi. Sy skeidsregtersloopbaan het in 1989 op Middelburg begin, toe mnr. Seeff van Eeden hoof van Laerskool Middelburg was. Daarna kan sy rugby CV boeke beslaan.

“Afrigter, keurder, skeidsregter, World Rugby Educator.” Hy was Suidoos-Transvaal Laerskole keurder vanaf 1994. Laeveld Laerskole keurder 1995–1997. Tree op as Mpumalanga Laerskole keurder 1998 tot hede. Sameroeper en organiseerder Ehlanzeni Laerskole Rugbystreek proewe 2007 tot 2010. SA Skole rugbykeurder 2015. Keurder Puma Laerskole 2009-2025.

Mnr. Adé Adendorff saam met een van sy Laerskool Middelburg wenspanne. FOTO: Verskaf.

Mpumalanga Afrigtersvereniging:

Sekretaris Mpumalanga Rugby Afrigtersvereniging 2009-2019. Voorsitter Mpumalanga Rugby Afrigtersvereniging 2019-2026. Hy dien op die komitee vir die aanstelling van Mpumalanga senior unie vir die aanstel van provinsiale afrigters: o/19, o/21 en Amateurspanne: Laeveld en Hoëveld.

As afrigter woon hy verskeie rugbykursusse vanaf 1989 by waaronder bekende nasionale afrigters soos Ian Kirckpatrick, Gerrie Sonnekus, Hennie Bekker,     De Wet Ras, John Williams, Gysie Pienaar, Martinus le Roux, Ian Mckintosh, Blikkies Groenewald, Johan Schoeman,     Chris Buitendach, André Markgraaf, Tim Lane en Jake White.

Net wanneer mens dink dit is die einde, noem hy ook sy rol as spanbestuurder van Suidoos-Transvaal Laerskole Rugby 1993 en Laeveld Laerskole Rugby 1995, spanbestuurder Puma Cravenweekspan 2004–2006.

Skeidsregters saam met mnr. Adé Adendorff by die Cravenweek. FOTO: Verskaf.

En sy sukses as afrigter?

Laerskool Middelburg Eerstespan 1991 wenners – Suidoos Laerskole Liga
Afrigter Laerskool Middelburg 0.9A, 1992 – wenners Suidoos Laerskole Liga
Afrigter Laerskool Middelburg 0.10A 1993 – wenners Suidoos Laerskole Liga
Afrigter Laerskool Middelburg 0.11A 1994 – wenners Suidoos Laerskole Liga
Afrigterskoördineerder Laerskool Nelspruit 1995 – 1997
Afrigter Laerskool Nelspruit 0.10A Wenners Laeveld Laerskole Liga – 1998
Afrigter Laerskool Nelspruit 0.11A Wenners Mpumalanga Liga – 1999
Afrigter Laerskool Nelspruit 1ste span Naaswenners Mpumalanga Liga 1999
Afrigter Laerskool Nelspruit 0.11A- 4de posisie 0/11 Bondedag te Thabazimbi 1999
Afrigter Laerskool Nelspruit 1ste span – 3de posisie 0/13 Bondedag te Loftus Versfeld 1999
Afrigter Laerskool Nelspruit 2de span naaswenners Laeveld Liga 2007
Afrigter Laerskool Nelspruit 1 ste span Wenners Mpumalanga Liga 2001
Afrigter Laerskool Nelspruit 1 ste span – 3de posisie 0/13 Bondedag Loftus Versveld
Afrigter Laerskool Nelspruit 0/9 span – Laeveld wenners 2002
Afrigter Laerskool Nelspruit 1ste span naaswenners Grey Super Series
Afrigter Laerskool Nelspruit 1ste span mede-wennners Super 16 liga
Afrigter Laerskool Nelspruit O.10A span – Mpumalanga liga wenners 2013
Afrigter Laerskool Nelspruit 1ste Span naaswenner Mpumalanga Liga 2014
Afrigter Laerskool Nelspruit O.9A span – Mpumalanga liga wenners 2016
Afrigter Laerskool Nelspruit O.10A span – Mpumlanga liga wenners 2017
Afrigter Laerskool Nelspruit O.11A span – Mpumlanga liga naaswenners 2018
Afrigter Laerskool Nelspruit Eerstespan Mpumlanga liga 3de 2019
Afrigter Laerskool Nelspruit Eerstespan Mpumlanga liga wenners 2023
Afrigter Laerskool Nelspruit Eerstespan Mpumlanga liga 3de 2024
Afrigter Laerskool Nelspruit Eerstespan Mpumlanga liga wenners 2025.

Wie onthou hierdie Koedoekoppe saam met mnr. Adé Adendorff? FOTO: Verskaf.

Op provinsiale vlak rig hy:

Suidoos Transvaal Provinsiale Laerskole af 1994
Laeveld Provinsiale Laerskole afrigter B-span 1996 – 1997
Laeveld Provinsiale Laerskole afrigter A-span 1998
Mpumalanga Laeveld Provinsiale Laerskole afrigter 1999 tot hede
Mpumalanga Laerskole Afrigter B – span 2001
Mpumalanga Akademiespan Laerskole Afrigter 2002
Mpumalanga Cravenweek Afrigter 2003
Mpumalanga Cravenweek Afrigter Merietespan 2006 – 2008
Mpumalanga Laerskole XV Tal 2009
Puma Provinsiale 7’S Laerskole Afrigter 2011 – 2014 – 2015

Skeidsregter:

Suidoos-Transvaal Laerskole A-Skeidsregter 1993 – 1994
Laeveld Laerskole A-Skeidsregter 1995 tot 2018
Onder die Top 10 Laerveld Laerskole Skeidsregters in 1995
Die nommer 1 Laeveld Laerskole Skeidsregter van 1996 tot 2005
Nommer een Mpumalanga Laerskole Skeidsregter 2002 -2005.

Provinsiale bestuur:

Ondervoorsitter van die Laeveld Laerskole Skeidsregtersvereniging 1996 tot ontbinding in 1998
Verteenwoordiger van die Nelspruit Laerskole Rugbyunie as skeidsregter op die Mpumalanga Rugbyunie
Aanbieder van skeidsregterskursusse 1996 tot hede
Voorsitter Mpumalanga Laerskole Skeidsregtersbestuur 2006 tot 2018
Lid van Mpumalanga Senior Skeidsregtersvereniging bestuur 1992 tot hede
Noordelike Provinsies Laerskole Rugbyvereniging
Sekretaris van die Noordelike Provinsies Laerskole Rugbyvereniging 2006 tot 2010
Voorsitter van die Noordelike Provinsies Laerskole Rugbyvereniging
SA Rugby – SALRSV
Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Laerskole Rugbyvereniging
Noordelike Provinsies Laerskole Rugbyvereniging
Sekretaris van die Noordelike Provinsies Laerskole Rugbyvereniging 2006 tot 2010
Voorsitter van die Noordelike Provinsies Laerskole Rugbyvereniging
SA Rugby – SALRSV
Voorsitter van die Suid-Afrikaanse Laerskole Rugbyvereniging SAPSRRA 2013-2025
Hy het ook as skeidsregter opgetree tydens die Cravenweek in Durban (1996), Bloemfontein (1997) en Oos-Londen (1998)
10de op die paneel van provinsiale skeidsregters vir Laerskole in S.A.
Hy hanteer 25 vriendskaplike provinsiale laerskoolwedstryde.

Senior Unie:

Mpumalanga senior skeidsregter 1995 tot 2025
Voltooi Vlak I-skeidsregterskursus aangebied by SARVU 1999
Beheer 155 senior rugbyliga-wedstryde van 1996.
Na sy beginjare sluit hy by Laerskool Nelspruit aan in 1996 as departementshoof onder mnr. Kenny Steyn.
Na 30 jaar by die skool het hy verlede jaar fiaal sy klasdeur toegetrek.
Daarna is hy aangestel as Puma provinsiale skeidsregter hoof en BokSmart koördineerder waar hy verantwoordelik is vir die bestuur van skeidsregters van die Mpumalanga Rugbyunie wat lede is van die Mpumalanga Rugby Skeidsregters Assosiasie.
Sy visie vir skeidsregters is “om ’n atmosfeer te skep waarin elke lid, skeidsregter en spanbestuur kan werk en ontwikkel om hul volle potensiaal te bereik.”
Die top vyf skeidsregters in Mpumalanga is: Tiaan Buys, Steven Jacobs, Shemeah Ndlovu, Leo Muunganirwa en Noah Muunganirwa.
Nadat die provinsie top skeidsregters soos Lappies Labuschagne, Andries Retief, Mark Lawrence, Dries en Stefan Breytenbach opgelewer het, het hy tans geen skeidsregter met nasionale gradering nie.
Sy mentors was juis Dries Breytenbach, oorlede Hein Smith, Nigel Owens en Deon van Blommenstein.

Kortliks:

Gunsteling gereg: Pap en wors met bruin stasiesous.
Drankie: Yskoue bier en ’n sterk brandewyn/Coke Zero.
Musiek: Neil Diamond, Bee Gees, Pink Floyd, Afrikaanse musiek.
Rugbyspan behalwe Pumas: Blou Bulle.
Stokperdjie: Rugby
Gunsteling rugbyspeler: Oudspelers Naas Botha. Tans Ruan Nortje.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button