Bowen Kruger is terug in die kryt!

Na sy oorwinning oor Kapenaar Leo Knoetze aan die einde Mei, is hy deel van die Versus-gevegsaand.
Versus Fight Night 20 (The Big Freeze), vind plaas op Saterdag 1 Augustus 2026, by die Heartfelt Arena in Pretoria.

Daar is nege MMA-gevegte.
Deure maak om 15:00 oop, met die eerste gevegte wat om 17:00 begin .
Kaartjies kan direk via die iTickets Versus Fight Night 20-platform gekoop word.
Bowen kom te staan teen Thabelo Nemukula in ’n middelgewig geveg.

Die hoofgeveg is in die swaargewig afdeling tussen Joshua du Toit en Temitope Olaniran.
Dit gaan Bowen se tweede geveg wees na twee jaar se afwesigheid.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
