LJM Musiekfees is om die draai
Droomsindroom, Leah en 4 Eva Young is by LJM Musiekfees in Groblersdal op 25 Oktober.
Laerskool Julian Muller se Musiekfees beloof om, soos elke jaar, ’n lekker kuieratmosfeer te bied vir vrolike samesyn en goeie musiek!
Dié Musiekfees is ’n jaarlikse gebeurtenis en vind vanjaar op 25 Oktober plaas op die sportveld van Laerskool Julian Muller.

Die gaskunstenaars is 4 Eva Young, Leah en Droomsindroom.

Die doel agter die Musiekfees is om terug te gee aan die gemeenskap en vir die skool om hul getroue borge die geleentheid te gee om tydens die fees te bemark.
Tydens die Musiekfees sal daar kosstalletjies beskikbaar wees – feesgangers mag nie self kos inbring nie, maar is welkom om hul eie drinkgoed saam te neem.
Alle kaartjies sal by die skoolkantoor beskikbaar wees, asook kaartjies vir parkering agter die pawiljoen.
Parkering op die B-veld se hekgeld is betaalbaar op die dag by die ingang, en sal daar ook kaartjies vir die fees by die hekke te koop aangebied word.
Vir meer inligting, kontak Katrina Smit, by 082 775 4865.
