Observer Daller

Vrou vertel uit hoësorg van ongeluk waar sy koedoe getref het

’n Vrou is steeds in die hoësorgeenheid nadat sy verlede week ’n koedoe met haar voertuig getref het.

Die vrou wat verlede week deur ’n mediese helikopter opgepik is op die R33-pad, nadat sy ’n koedoe getref het, het uit die hoërsorgeenheid vertel wat met haar gebeur het.

Me. Olga Mokoka-Ramagoma, die waarnemende stasiebestuurder van die Roossenekal staatsambulansdienste, het op 17 Oktober, ongeveer 7km voor Stoffberg ’n koedoe met haar voertuig getref.

Sy het ernstige beserings opgedoen en word sedertdien in die hoësorgeenheid van die Mediclinic in Polokwane behandel.

Me. Mokoka-Ramagoma, wat op pad was vanaf Roossenekal na Groblersdal, vertel dat daar drie koedoes oor die pad gehardloop het. Sy het uitgeswaai vir die een, genadiglik die tweede koedoe gemis, maar die derde koedoe met haar voertuig getref.

“Weens ’n borsbesering het ek nog probleme met my longe, maar die dokters is tans besig om daarna om te sien. Ek het ook my skouers en nek beseer.”

Volgens mnr. Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, was nooddienste binne minute op die toneel het die helikopter 40 minute later geland vanaf Polokwane en haar hospitaal toe geneem.

Die helikopter het die beseerde vrou langs die pad opgelaai. Foto: Verskaf.

Mnr. Maidment vertel dat dit onduidelik is of die koekoe die ongeluk oorleef het, aangesien die bok nie op die toneel was toe nooddienste by die toneel opgedaag het nie.
“Die koedoe kon óf oorleef het en weggehardloop het, óf iemand het die koedoe langs die pad opgetel. Ons het net die koedoe se bloed en hare op die toneel gevind.”

Lees ook: Vrou met helikopter opgepik ná sy koedoe tref

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button