Hoërskool Ben Viljoen se UR word ingehuldig
Hoërskool Ben Viljoen se hoofleiers van 2025 is aangekondig.
Die Uitvoerende Raad van Hoërskool Ben Viljoen het hul inhuldiging gehad tydens ’n spogfunksie wat by Riverside Lodge gehou is.
Tydens die funksie is die hoofleiers van 2025 ook aangekondig.
Die skool wens elkeen van hierdie leerlinge baie geluk en sterkte toe met hul pad vorentoe. Hul sien uit na ’n jaar propvol goeie herinneringe.

Die hoofleiers is as volg:
• Hoofseun: Joe Cloete.
• Hoofdogter: Kyra Hancke.
• Onder-hoofseun: Janik Brits.
• Onder-hoofdogter: Ellené van der Westhuyzen.
• Deputy Head Boy: Kadmiel Lotika.
• Deputy Head Girl: Nomthandazo Mabuza.
• Voorsitter – Akademie: Du Toit Eksteen.
• Voorsitter – Akademie: Carmen Labuschagne.
• Voorsitter – Kultuur: Christoff Augostine.
• Voorsitter – Kultuur: Elandré Mallo.
• Voorsitter – Sport: Tiaan Scheepers.
• Voorsitter – Sport: Alexia Paissopoulos.

Hoërskool Ben Viljoen bedank elke persoon wat ’n bydrae gelewer het om ’n sukses te maak van hierdie funksie.










