Hoërskool Ben Viljoen vereer hul bestes
Agt leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen ontvang erepennings tydens die skool se jaarlikse prysuitdeling.
Aan die einde van die akademiese jaar gee Hoërskool Ben Viljoen erkenning aan die graad 12-leerders.
Vanjaar se glansgeleentheid, oftewel prysuitdeling, het Donderdag, 17 Oktober, plaasgevind.
Die graad 8 tot 11-leerders het vir hulle sport- en kultuuraktiwiteite toekennings ontvang, terwyl die graad 12-leerders se akademiese prestasies ook aangekondig is.
Vir die matrieks was hierdie die laaste prysuitdeling van hulle skoolloopbaan en dus ’n baie emosionele een.

Vakprestasies:
• Henrico Hall: Meganiese Tegnologie.
• Pebetse Mmako: Geografie.
• Nadine Pretorius: Wiskundige Geletterdheid.
• Christel Mcloen: Geskiedenis.
• Ingrid Lessing: Landbou Tegnologie.
• Cecilia Venter: Verbruikerstudies.
• Henri van der Merwe: Toerisme.
• Tolu-lope Alesinloye: Rekeningkunde en Engels Eerste Addisionele Taal.
• Leané Jansen van Rensburg: Besigheidstudies en Lewensoriëntering.
• Gustav Klingbiel: Tegniese Wiskunde, Tegniese Wetenskap en Elektriese Tegnologie.
• Pabalelo Kgolane: Rekeningkunde, Afrikaans Eerste Addisionele Taal, Engels Huistaal en Lewenswetenskap.
• Anabel Aguinaga: Fisiese Wetenskap, Ingenieursgrafika-en-ontwerp, Wiskunde en beste presteerder in Chemie.
• Kai Gerber: Afrikaans Huistaal, Visuele Kuns, Dramatiese Kuns, Inligtingstegnologie, Rekenaartoepassingstegnologie en Engels Eerste Addisionele Taal.

Erepennings:
• Lexi Büchler: 100% skoolbywoning vir 12 jaar.
• Jaco van der Westhuyzen: drie jaar na mekaar se verdienste van erekleure vir atletiek.
• Ellené van der Westhuyzen: drie opeenvolgende jare se verdienste van erekleure vir atletiek.
• Vanessa da Silva: twee erepennings vir atletiek erekleure én landloop vir drie jaar agtereenvolgend.
• Kyra Hancke: eerste plek tydens die Suid-Afrikaanse sewekamp kampioenskappe, asook vir drie opeenvolgende jare se insluiting in die Limpopo netbalspan.
• Carla Storm; drie opeenvolgende jare se insluiting in die Limpopo netbalspan.
• Gustav Klingbiel: drie opeenvolgende jare se verdienste van erekleure vir swem.
• Anabel Aguinaga: vier opeenvolgende jare se verdienste van erekleure vir akademie.

• Ander groot toekennings wat behaal is deur die leerlinge, met gepaardgaande foto’s, kan in die Observer Daller se uitgawe van 25 Oktober gesien word op bladsy vier van die koerant. Dié toekennings sluit in: sportman en sportvrou van die jaar, graad 12 Dux-leerling, leierskapskild en vele meer.


