Vanessa vir Matriekafskeidrok van die jaar!
Vanessa da Silva, ’n leerling van Hoërskool Ben Viljoen, is ’n finalis in die Rapport Matriekafskeid van die Jaar-kompetisie.
Vanessa da Silva, onderhoofdogter by Hoërskool Ben Viljoen, het ingeskryf vir die Rapport se matriekafskeidrok van die jaar kompetisie.

Tussen meer as 1 200 inskrywings is Vanessa as finalis gekies!
Die eerste 24 finaliste is reeds aangekondig, waarna die volgende 12 finaliste Sondag, 3 November, aangekondig sal word. Sodra hulle aangekondig is, kan die publiek vir die finaliste begin stem om die wenners te bepaal.
Vanessa was saam met haar kêrel, Marnoe Smit (ook van Groblersdal) by die matriekafskeid.
Wat haar inskrywing vir dié kompetisie nóg meer spesiaal maak, is dat haar rok plaaslik gemaak is deur die talentvolle Antoinette Maartens.

Vanessa se matriekafskeid foto’s is geneem deur Merize Blom, hare deur Rileen Schutte en grimering en naels is deur Izelle Short gedoen, almal plaaslike besighede in Groblersdal.
Die pragtige foto’s is ook op Rooiboskloof geneem.
Daar kan vanaf 3 tot 13 November gestem word.
• Die foto van Vanessa sal ook in PPMC (Photogenic, Pageant, Modeling and Competitions) South Africa Magazine geplaas word in hul Matriekafskeid 2024 portretboek.
