Observer Daller

R33 weer oop vir verkeer

Die R33 tussen Marble Hall en Tuinplaas is weer oop nadat die pad toe gemaak is weens erge reën.

Ná erge reënval die pad oorstroom het op die R33 tussen Marble Hall en Tuinplaas, is daar bevestig dat die pad vanoggend weer oop is.

Vrydagaand omstreeks 20:22 het Live Traffic en Road Accidents ‘n waarskuwing op verskeie sosiale media platforms geplaas dat die R33 tussen Marble Hall en Tuinplaas grsluit is weens erge reën.

Verskeie foto’s is gedeel van die pad wat erg oorstroom is.

Me. Tidimalo Chuene, woordvoerder van die Limpopo Departement van vervoer en gemeenskapsveiligheid, het vanoggend aan die Daller bevestig dat die pad skoon is en oop is vir motoriste.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button