Marice is Hoërskool Ben Viljoen se ambassadeur
Marice de Jager het die Ambassadeurstoekenning ontvang tydens Hoërskool Ben Viljoen se prysuitdeling.
“Dit is ’n absolute voorreg en beteken baie om raakgesien te word as ’n ambassadeur vir ’n plek wat naby aan my hart lê. Ek hoop regtig dat ek ander, spesifiek die jonger leerlinge, kon inspireer en opbou omook ambassadeurs te wees vir die groen en geel,” sê Marice de Jager, nadat sy aangekondig is as Hoërskool Ben Viljoen se ambassadeur vir 2024.
Marice het aan die einde van 2022 by Hoërskool Ben Viljoen begin skoolgaan.
In 2024 was sy onderhoofmeisie van die skool en die Verteenwoordigende Koshuis Raad se sekretaris, asook Marietjie van Huis Chérie, Hoërskool Ben Viljoen se dogterskoshuis.
Sy het weggestap met erekleure vir akademie en kultuur, sowel as die ambassadeurstoekenning.
Sy het op Laerskool by HM Swart en het hier ’n erepenning vir kultuur ontvang en was ook hul hoofmeisie in 2019.
Wat sport betref, het sy ongelukkig nie in 2024 aan enige sport deelgeneem nie, weens autoimmune siektes wat haar beprek het. Voorheen het sy altyd netbal gespeel en het ’n groot liefde vir kultuur, of dit redenaars, toneel, debat of musiek was, as daar ’n verhoog was, was sy ook daar.
Sy het deeluitgemaak van die dirigente by die Bosveld Interhoër en het ook aan redenaars deelgeneem, sowel as die skool se revue. Buitemuurs is sy ’n Sony Musiek Musikant as deel van die groep Tuimeltrein, waar sy as sanger, skryhwer en komponis optree.
“Ek het glad nie verwag om die ambassadeurstoekkening te ontvang nie, omdat ek nooit probeer het daarvoor werk nie. Ek het doodeenvoudig net ’n liefde en trots vir my skool – nes baie ander.”
Marice beplan om volgende jaar BA Film te studeer by Open Window. “Ek is baie opgewonde hiervoor, en gaan, as dit die Here se wil is, ook aangaan met musiek by Sony.”
Op ’n vraag wat sy sy die meeste gaan mis van Hoërskool Ben Viljoen, het sy gesê “Ek dink die idee van hoërskool is baie veilg. Dis dieselfde werk waarop daar net uitgebrei word, dieselfde mense wat mens elke dag sien, dieselfde tradisies en dieselfde gebeurtenisse. Ek dink ek gaan dit mis om “dieselfde” goed uit te daag en verandering te probeer implementer. Ek gaan ook simpel goedjies mis, soos die graad 9’s, waar ek toesig gehou het tydens opening en die rooi sweeties by die kaf wat almal met mekaar deel. Ek gaan dit mis om by die kanaal te sit saam met my vriendekring en om mekaar aan te moedig by verskillende geleenthede met posters. Ek gaan dit msi om by die koshuis onder die groot boom te sit en om musiek te hard te speel in kuiertyd.”
Sy vertel dat me. Mareli de Klerk, ’n onderwyseres by Hoërskool Ben Viljoen, vir haar baie uitgestaan het. “Sy is vir my een van die opregste, vrolikste mense wie ek ken. Sy het altyd enige iemand wat oor haar pad kom, soos men se gelyke hanteer. Juffrou de Klerk het baie meer vir my al gedoen, gesê en beteken as wat ek voor kon vra, en ek sal vir ewig dankbaar wees vir die invloed wat sy in my lewe en in ander se lewe het. Sy het ’n ware passie vir haar werk, en vir lewe.”
Marice se raad vir toekomstige Ben Viljoeners is: “Wees die verskil wat jy wil raaksien. As jy wil hê jou span moet wen, moet jy met ’n positiewer gesindheid by oefeninge opdaag. As jy wil hê dat daar lojaliteit aan die skool meot wees, moet jy hou by jou word. As jy wil hê dat daar meer respek moet wees, moet jy ander met respek hanteer. As jy wil hê dat daar meer belangstelling en betrokkenheid moet wees, moet jy seker maak dat jy by soveel as moontlik aktiwiteite uitkom. As jy ’n skoner terrain soek, moet jy na byeenkomste help opruim. Wees die voorbeeld, want verandering begin by jóú. Ben Viljoen KAN en SAL aanhou groei.”
