Observer Daller

Clara is ’n top presteerder

Clara Barnard is as CVO Gromar se hoërskool Dux-leerling aangekondig tydens 2024 se prysuitdeling.

Om akademies te presteer verg harde werk en deursettings vermoë, maar vir Clara Barnard (18) speel selfdissipline ook ’n baie belangrike rol.

“Jy moet bereid wees om te werk, al is jy nie lus nie. Jy weet jou harde werk is die moeite werd en by CVO Gromar word dit verseker raakgesien. Dit is lekker om te sien dat jou harde werk beloon word,” vertel Clara.

Sy was in 2024 ’n matriekleerling in CVO Gromar en alhoewel sy as die hoërskool Dux-leerlinge aangekondig was, was sy ook al voorheen as die top presteer by dié skool aangekondig.
Haar gusnteling vak is Rekeningkunde. “Ek dink dit is omdat ek ’n groot aanvoeling het daarvoor, so ek het dit baie geniet. Meeste van my vakke was verstaan-vakke en was dit nie nodig om soos ’n pappagaai my werk te leer nie.”

Clara Barnard tydens die 2024 prysuitdeling by CVO Gromar. Foto: Verskaf.

Clara se grootste dryfkrag om akademies te presteer was haar toekomsplanne. “Ek weet dat as ek goed akademies presteer, ek my toekomsplanne en drome sal kan bereik.”

Haar grooste ondersteuner is haar ma. “Sonder twyfel is dit altyd my ma. Sy is saam met my bly as dit goed gaan en daar om te ondersteun as dinge moeilik raak. Ek sou verseker nie 2024 sonder haar kon aanpak nie.”

Clara het ook graag aan netbal en redenaars deelgeneem. “Ek glo dit is belangrik om gebalanseerd te wees en nie net te leer nie. Alhoewel, ek dit baie geniet het om aan my netbal en redenaars deel te neem vanjaar, dink ek dat my akademie vir my hierdie balangriker was, sodat ek kon verseker ek behou my keuring vir universiteit.”

Clara gaan BCom Rekeningkunde by die Universiteit van Pretoria (Tukkies) sutdeer.

Om hierdie doelwitte en vooruitsigte te bereik, sê sy “2025 is nog baie onbekend, maar ek sal voortbou op dit wat ek nog altyd doen, deur hard te werk en ie op te gee nie. Dis hoe ek glo jy jou doelwitte sal bereik.”

Haar grootste droom is om eendag suksesvol en gelukkig te wees in haar beroep.

In Clara se opinie, was die moeite wat ingesit word deur die onderwysers van CVO Gromar vir haar ’n groot aanwins tot haar akademie op skool. “Hulle het altyd die ekstra myl vir my geloop.”

Clara se leuse is: “You can never be overdressed or overeducated.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button