Hoërskool Ben Viljoen Parkrun skop af vir 2025
Die Hoërskool Ben Viljoen Parkrun sal op 11 Januarie weer afskop vir 2025.
Die 5km parkrun by Hoërskool Ben Viljoen skop Saterdag weer af vir 2025.
Daar sal om 07:00 wegspring word by Loskop Gimnasium en ’n koffie word ná die tyd aangebied.
Saterdag is reeds Hoërskool Ben Viljoen se 68ste wedloop wat plaasvind en die gemiddelde tyd wat dit neem om die wedloop te voltooi is tans 00:42:11.
Almal word hartlik uitgenooi om aan die parkrun deel te neem, of jy nou hardloop, draf, stap of sommer net vir die pret kom!
Dié parkrun vind elke Saterdag omstreerk 07:00 plaas en deelname is gratis. Persone wat egter nog nie geregistreer is vir die parkrun nie, word gevra om dit te doen en met elke wedloop hul skandeerbare strepieskode saam te bring.
Vir meer inligting oor die Hoërskool Ben Viljoen Parkrun, kontak hoerskoolbenviljoen@parkrun.com.
